Macadamia-moord dalk deel van landswye sake

Written by on August 1, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Nelspruit-polisie het onthul dat ander landswye sake moontlik verband kan hou met die moord op die bejaarde Hetta Potgieter. Die 85-jarige ouma is ‘n paar weke gelede by die Macadamia Care Center in Nelspruit vermoor.

Luitenant-kolonel Erhard Stroh het in die hof getuig dat die drie beskuldigdes moontlik met ander moorde in die land gekoppel kan word, en dat die polisie huidiglik hierdie sake ondersoek.  Dit het aan die lig gekom tydens die borgtogaansoek van Maryna Mandy Vorster (48), John du Plooy (26),  en Shaun Oosthuizen (38).

Die trio het hierdie week voor die Nelspruit-streekhof verskyn op aanklagtes van moord en roof. Al drie erken dat hulle op die toneel was, maar ontken dat hulle vir Potgieter vermoor het.

‘n Nadoodse ondersoek het bevestig dat die oorsaak van Potgieter se dood versmoring was. Die borgtogverhoor gaan voort.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?