27 vas vir vermeende renosterstropery

Written by on September 17, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

27 verdagtes is in hegtenis geneem tydens intelligensiegedrewe bedrywighede in Hluhluwe in Noord-KwaZulu-Natal, Acornhoek in Mpumalanga, en Phalaborwa in Limpopo. Tydens die inhegtenisnemings het die span op ‘n renosterhoring, drie vuurwapen-knaldempers, ses ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Daar is ook ander items wat gebruik kon word om wilde diere dood te maak, gevind. Die Rhino 9-span gaan voort om aansienlike vordering te maak in die vermindering van die aantal stropery-insidente wat verband hou met bedreigde spesies, en ook die opsporingskoers van diegene wat dié misdade begaan het, het luitenant-kolonel Katlego Mogale gesê.

Die Rhino 9-span bestaan ​​uit verskeie regeringsdepartemente, insluitende lede van verskeie dissiplines van die SAPD, die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke), Doeane en Aksyns, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Ezemvelo en Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke ) veldwagters.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?