113 onwettige myners voor hof

Written by on June 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Honderd en dertien onwettige myners sal vandag voor ‘n Mpumalanga hof verskyn. Dit volg na die polisie ‘n operasie in en om die Evander-gebied uitgevoer het waartydens die verdagtes in hegtenis geneem is. Die operasie wat Vrydag deur lede van misdaadvoorkoming en die honde-eenheid uitgevoer is, het gekonsentreer op die vind van gevaarlike wapens en narkotiese middels. Dit het ook onwettige kroeë toegemaak. Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, luitenant-generaal Mondli Zuma, het verklaar dat mense nie kan voortgaan om in vrees vir die berugte sogenaamde zama zamas (onwettige mynwerkers) en ander kriminele elemente nie, te leef nie. Zuma het ook gesê dit is nou tyd om terug te veg.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track
Title
Artist

Background